BROLL NEWS


Sandton se kantoorhuur kan nóg styg

Date published 5 February 2008

Die stewige vraag na kantoorruimte in Sandton duur voort en huurgeld kan nóg opgestoot word. Volgens Broll se nuutste navorsing gaan nuwe sowat 600 000 m2 kantoorruimte binnekort in dié gebied beskikbaar wees.

Byna al die geboue sal toringgeboue wees, met sommige gesoneer vir gemengde gebruik, wat tot ’n toename in geïntegreerde kleinhandel-, kantoor- en residensiële ruimte in die gebied sal lei.

Die vraag op almal se lippe is of dit moontlik gaan wees om al die ruimte te vul. Volgens me. Fran Teagle, direkteur van Broll se kommersiële afdeling, is dit moontlik. Sy sê Sandton bly gewild met ’n stewige vraag na kantoorruimte. “Dit is ’n belangrike nodus vir die finansiële sektor en ook vir groot korporasies.”

Die meeste van die geboue beskik oor hul eie elektrisi¬teitsopwekkers – en nie net vir noodkrag nie – en in sommige gevalle is reserwe-watertenks ’n standaard-gerief in van die A-graad-kantore. Sy sê gegrond op die profiel van bestaande huurders, is re¬kenmeesters en prokureurs die waarskynlikste huurders wat hulle in die nuwe kantoorruimte sal hê.

Groei sal verder kom van maatskappye wat saamsmelt en groot gekonsolideerde kantore nodig het. Die robuuste vraag na kan¬toorruimte in Sandton kan die huurgeld van die huidige R125/m2 opstoot tot vlakke van tussen R175/ m2 en R210/ m2 in 2010, meen Teagle.




Author: Sake




CONTACT US